Die sleutel elemente in lemkuns sluit in die maak van `n hoë kwaliteit lem. `n Goed ontwerpe hef vir beter greep en funksionaliteit. 

Ons kyk na die belangrikheid van elke deel van die proses. Van die lem tot sy hef, die toebehore wat gebruik word, en die skede wat lei tot die eind resultaat van `n goed gemaakte mes.

Lees meer oor die tegnieke in die artikel om jou te inspereer vir die maak van jou eerste mes!

 

Wat Is Die Beste Hef Vir Messe?

Jou Mes Se Hef

Lees meer oor die werking van die mes se hef en die materiale waarvan dit gemaak kan word.

  • Die beste hef vir jou mes bied funksionaliteit en veiligheid.
  • ‘n Goeie hef bied nie net gerief tydens gebruik nie, maar gee ook beter mes beheer.
  • Die regte hef sal ook hand moegheid voorkom en presiese snitte bied. 
  • Dit is belangrik in kombuis messe, waar jy die meeste messe gebruik.

Hoe Maak Mens ‘n Mes Hef?

Die maak van ‘n mes se hef is die proses om materiaal te omskep tot die regte vorm wat funkies bied en ook mooi lyk. 

 Noukeurige beplanning en presisie is belangrike stappe om te volg:

  • Begin deur jou materiaal voor te berei en die hef materiaal tot grootte te sny. 
  • Maak seker dit pas by die afmetings van jou lem se hef. 
  • Boor pen gate volgens die ontwerp en grootte van jou mes. 
  • Maak seker hulle belyn perfek vir samestelling. 
  • Sny jou penne tot die regte grootte. 
  • Epoksie die lem en hef aanmekaar. 
  • Neem sorg om dit stewig vas te klamp vir beter binding. 
  • Vorm en skuur die hef tot jou gewenste ontwerp. 
  • Poleer dit vir ‘n gladde afwerking. 
  • Voeg enige bykomende afwerkings by voordat jy jou mes hef trots aan vriende en familie wys.

Jy kan nou met sekerheid weet dat jou mes se hef mooi pas en netjies afgewerk is.

 

Watter Materiale Is Gewild Vir `n Mes Hef?

Geskite Materiaal

Lees verder wat jy als kan gebruik vir jou hef:

  • Roes vrye staal vir die duursaam. 
  • Met verhoogde korrosie bestandheid. 
  • Geskik vir skottelgoed wasser gebruik.
  • Koolstof vesel hef bied ‘n kombinasie van styfheid, liggewig ontwerp, en weerstand teen chemikalieë en hoë temperature.
  • G10
  • Titanium bied ‘n sterk basis vir swaar diens messe. 

Hout Soorte Soos:

  • Ebbehout
  • Afrikaanse Swarthout
  • Indiëse Rooshout 

Al die materiale bied beide elegansie en funksionaliteit aan meshewe.

 

Wat Is Die Belangrike Mes Toebehore?

Vir beginners is dit belangrik om `n goeie begrip van al die toebehore te hê. Die toebehore is beide funksioneel en gee ook `n mooi afwerking aan die mes. 

Toebehore

Lees meer oor die toebehore:

  • Voorslagplate
  • Penne
  • Agterkant spasies
  • Pommels

Om jou mes funksioneel en prakties af te werk, is dit nodig om goeie begrip te hê van die parte en ook hoe om dit prakties toe te pas.

 

Wat Is Die Beste Skede Vir Beginners?

Die beste skede is beide funksioneel en mooi. Dit is dus `n persoonlike keuse. ‘n Leer skede het twee funksies. Dit bied beskeriming vir die mes en sy gebruiker. 

Wanneer die mes nie in gebruik is nie, dra dit deur dit aan ‘n gordellus te heg. Die skeed word gemaak volgens die grootte en patroon van die mes. 

Kyk hierna:

https://www.toolcraft.co.za/blogs/tips-and-techniques/a-beginner-s-guide-to-knife-making-in-south-africa

https://www.youtube.com/watch?v=VE_4zHNcieM

 

Wat Is Die Kenmerke En Konstruksie Van `N Katana?

Om die Katana te verstaan moet jy die kenmerke kan eien. Weet hoe dit gemaak word. En ook die betekenis daarvan verstaan. Kennis van die terme wat in gevegkuns gebruik word, sal help om die terme te verstaan wat gebruik word as daar van die Katanas gepraat word. 

Van Otsuka tot Saya, kennis is belangrik wanneer jy die perfekte Katana kies.

Hieronder kan jy meer lees oor die terminologie van hoe ‘n Katana gemaak word. Dit sal Katana entoesiaste help om die ideale lem vir hul behoeftes te kies.

Wat Is Die Volle Hef Van Die Katana?

  • Die hef bestaan uit die tsuka. 
  • Dit bestaan uit lae. 
  • Die binnekant van die Katana word tipies uit hout gemaak, met die samegawa wat daarom gedraai word.

Wat Is Ray Kin Samegawa?

  • Die samegawa is ‘n beskermende bedekking vir die hef se kern in Katana konstruksie.
  • Tradisioneel gemaak van stralvel, hoofsaaklik vir beter greep. 
  • Egte stralvel, afkomstig van gedroogde stralvel, is bekend vir sy hoë gehalte, wat dikwels by top Katanas gevind word. 
  • Sintetiese stralvel is ‘n goedkoper opsie.

Wat Is Menuki?

  • Menuki is die ornamente op die handvatsel van ‘n Katana wat dit mooier maak. 
  • Dit kom voor tussen die stralvel laag en die buitenste ito vir verbeterde hand greep. 
  • Die ornamente is baie simbolies en dra by tot die swaard se persoonlikheid. 
  • Dit herhinner ons aan die Japanese kultuur.  

Wat Is Die Tsuka-Ito Of Ito?

  • Die tsuka-ito, ook bekend as net die ito, dien as die buitenste deel van die Katana hef of tsuka. 
  • Meestal word dit van katoen, leer of rayon gemaak.
  • Die ito is styf om die stralvel laag, bekend as samegawa, gedraai.
  • Die doel is om vog te absorbeer en so die greep op die hef te verbeter. 
  • Dit gee ‘n veilige en gerieflike houvas as jy die swaard gebruik.

Wat Is ‘n Volle Tang?

  • In Katana’s, messe en swaarde, is die tang ‘n aanduiding van die metaal lengte wat strek verby die lem in die hef. 
  • Hoë kwaliteit Katana het gewoonlik ‘n langer tang, bekend as ‘n “volle tang,” wat die hele lengte van die hef uitmaak.
  • ‘n Volle tang ontwerp kan uitgeken word vir die weerstandigheid teen die buig van die metaal of dat die lem sy vorm verloor.
  •  Dit ondersteun die struktuur van die hef kern.
  •  Dit verlaag die risiko van krake of versplintering.

Kies jou Katana met die oog op balans. Die volle tang is die beste keuse, wat jou ook meer beheer oor die swaard sal gee. 

Wat Is ‘n Saya?

  • ‘n Saya word gebruik as die tradisionele skede of skeed van ‘n Katana.
  •  Dit bied beskerming en veiligheid vir die gebruiker van die swaard en om die lem te beskerm.
  • Gewoonlik gemaak van liggewig gelakte hout, word saya dikwels verfraai met gekoördineerde kleure.
  • Kenmerkende afwerkings of ingewikkelde hand geverfde motiewe.

Wat Is ‘n Tsuba?

  • ‘n Tsuba is ‘n beskermende hand beskermer wat tussen die lem van die Katana en sy hef geplaas word.
  • Terwyl tsuba van baie materiale gemaak kan word, is metale algemeen in Katana konstruksie. 
  • Deur funksionaliteit met estetieka te kombineer, dra tsuba by tot die ontwerp elemente van die Katana.

 

Hoekom Moet ‘n Mens ‘n Kursus Oorweeg?

Kursusse

Kursusse is die beste roete om te volg as jy wil leer hoe om `n mes of `n swaard te maak. Dit  bied gestruktureerde opleiding en praktiese onderrig.

Jy het toegang tot gespesialiseerde gereedskap en materiale. Dit maak dit moontlik om belangrike tegnieke in ‘n ondersteunende omgewing aan te leer.

Dit sluit ook die aanleer van veiligheids protokolle in. So sal jy verseker wees dat jy die beste opleiding kry. 

 

Wat Is Die Veiligheids Protokolle?

As jy met skerp voorwerpe werk is daar altyd die risiko dat iemand `n besering kan opdoen. Wees voorbeid en jy sal enige krisis kan hanteer.

 

Veiligheids Reëls En Werkswinkel Verwagtings

As student in die werkswinkel moet jy ander studente respekteer, so sal dit vir almal lekker wees om saam te werk.

Kom ons lyk wat dit als behels:

  • Wees respekvol.
  • Moenie rond hardloop met `n skerp voorwerp in jou hand nie.
  • Respekteer die gedeelde ruimte.
  • Leer jou ruimte ken.

Mes Veiligheid In Die Werkswinkel

Jou veiligheid en ook die van ander is baie belangrik as jy met hitte en metaal werk. Dra dus altyd die regte klere en toerusting.

Lees hier verder wat dit als is:

  • Leer voorskoot 
  • Staaltoon skoene.
  • Brille vir oog beskerming
  • Handskoene wanneer jy met verhitte metaal werk.
  • Wees seker dat jy duidelike kennis en begrip van krag gereedskap het.
  • As jy ‘n gas oond gebruik, ken die voorsorg maatreëls en wat om in ‘n noodgeval te doen.
  • Moenie paniekerig raak as iemand hulself beseer nie.
  • Hou ‘n noodhulp kissie duidelik sigbaar en weet hoe om dit te gebruik.
  • Vertoon nood nommers waar almal dit kan sien en dit dadelik kan skakel in `n noodgeval.

 

Mes Veiligheid Wanneer ‘n Mes Gebruik Word

Net soos in jou werkswinkel moet jy weet hoe om jou mes veilig in die kombuis te gebruik.

  • Kyk waar en wat jy sny.
  • Gebruik altyd ‘n snyplank.
  • Gebruik altyd skerp messe. Stomp messe lei tot meer gereelde beserings.
  • Sit jou mes voor jou snyplank in die middel van die tafel. Wys die meslem altyd weg van jou af.
  • Moet nooit rondloop met jou mes in die hand nie.
  • Moet nie ‘n mes vir iemand aangee nie. Sit dit op die tafel en laat hulle dit optel.

As Jy Jouself Sny

  • Bly kalm en sit jou mes op die snyplank.
  • Bedek die snyplek styf met jou ander hand om die bloeding te stop.
  • Kyk hoe ernstig die wond is, of jy net `n pleister op kan plak, of jy steke moet kry.

Veilighied kom altyd eerste en as jy bewus is daarvan en dit volg sal jy beserings kan voorkom.

Met al die kursusse tot jou beskiking staan niks in jou pad om jou eie mes of swaard te leer maak nie. Jy kan uitsien om te leer wat is die beste materiaalkeuse tot die finale afronding van jou mes. So sal jy jou vakmanskap en vaardigheid ten toon kan stel. Dit is ‘n kreatiewe en tradisie-gevulde reis wat die verbeelding van mes makers en versamelaars aangryp.Word deel van die gemeenskap en deel in die passie. 

 

Algemene Vrae

Hoe lank neem dit vir ‘n mesmaker om ‘n mes te maak?

Dit kan ‘n vanaf `n  paar ure tot soms dae neem om ‘n mes te voltooi. Afhangende van jou vaardigheidsvlak en jou mes keuse.

 

Wat maak ‘n mes gesmee? 

‘n Enkel staaf staal word verhit en gevorm deur dit met die hand of met ‘n masjien te hamer. So word dit gesmee om die lem van die mes te vorm.

 

Wat is die dele van ‘n mes se skede?

‘n Mes se skede bestaan gewoonlik uit die basis plaat, die voorkant, die sluitingsband, en die gordellus. Dit is egter ook moontlik om die volledige skede van ‘n enkele stuk leer te maak.

 

Wat is ‘n ABS-handvatsel? 

ABS is ‘n hoë sterkte plastiek wat deur professionele sjefs verkies word omdat dit aan streng higiëne vereistes voldoen.

 

Wat is die duurste meshandvatsel materiaal? 

Kostes gewys is Micarta die duurste materiaal wat kan gebruik word om die mes se handvastel mee te maak.  

 

Wat Is Die Verskil Tussen Medium Koolstof En Hoë Koolstof Staal?

Medium koolstof staal bevat tussen 0.3% tot 0.6% koolstof, terwyl hoë koolstof staal meer as 0.6% koolstof bevat. Hoë koolstof staal is stewiger, harder, en minder buigsaam.

 

Hoekom Is Medium Koolstof Staal Goedkoper? 

Medium koolstof staal is goedkoper omdat dit laer rou materiaal- en vervaardigingskoste het.

 

Wat Is Beter Vir Die Maak Van ‘n Katana, Medium Of Hoë Koolstof Staal? 

Hoë koolstof staal is die gewilde keuse vir Katana’s omdat dit ‘n hoë kwaliteit konstruksie aandui.

 

Wat Is Damaskus Staal In Moderne Katana Produksie?

Moderne Damaskus Staal het ‘n tradisionele gevoude staal korrelpatroon met ‘n golfagtige ontwerp. Hierdie patroon word verkry deur die staal blok te vou voor die swaard gevorm word.

 

Skrywer: Janice van der Westhuizen