Stokverwydering is gewoonlik `n goeie keuse veral vir beginners. Met hierdie tegniek sal jy materiaal verwyder om so jou mes se lem te maak. As jy die smee tegniek kies, sal jy jou lem vorm met hoë hitte wat meer vaardigheid sal verg. Dit is dus die perfekte keuse as jy al `n mes of twee gemaak het en wil vorder tot die volgende stap.
Beide metodes sal jou nuwe vaardighede aanleer. Die stokperdjie het baie in gewildheid toegeneem. Met die gevolg jy het baie ervare mesmakers wat kursusse aanbied waar jy meer kan leer van beide die tegnieke.
Lees verder van die geskiedenis agter die maak van messe.
Wat Is Die Geskiedenis Van Messe?
Deur die geskiedenis is messe al vir `n geruimde tyd as eet gereedskap gebruik. Natuurlik was dit ook as wapens gemaak en ook vir daardie doel gebruik.
Nie te lank terug nie is messe vir meer spesifieke doeleindes gebruik. Deesdae gebruik ons daagliks `n mes in die kombuis en ook aan die etenstafel.
In Middeleeuse Europa het gaste nie hul eie eetgerei aan die etenstafel gekry nie. Jy het jou eie mes by jou gedra. Gewoonlik aan `n lussie of aan jou gordel. Jy het dan jou mes gebruik as `n vurk om mee te eet. Die mes was gekenmerk aan die lang smal lem met `n baie skerp punt.
In 1669 het koning Lodewyk XIV van Frankryk ‘n reël gemaak dat alle messe se punte afgerond moet word om so geweld te voorkom.
Selfs nadat messe vir tafelgebruik aanvaar is, is dit steeds as wapens gesien. Dit het etenstye in potensieële gevaarsones omskep.
Maar soos vurke meer algemeen in gebruik gekom het, het die behoefte aan skerp-puntige messe verminder. Vandag se tafel messe is gerond en word glad nie as wapens gesien nie.
Wat Is Stokverwydering In Mesmaak Proses?
Die stokverwydering tegniek in mesmaak vorm jy die lem deur van die materiaal met gereedskap te verwyder. Jy sal begin met `n plat stuk staal. Met jou vorm daarom uit geteken sal jy dan gereedskap gebruik om materiaal te verwyder om jou gewenste lem te maak. Jy sal `n saag, skuurmasjien en skuurmiddels gebruik tot jy die metaal in die vorm het wat jy verlang.
Wat Is Die Smee Tegniek?
Om `n mes te smee is `n eeue oue tegniek. Met hierdie tegniek sal jy die lem in ‘n spesiale oond of smee verhit. Sodra dit die regtigte hitte bereik het word die metaal daarin verhit. Die warm metaal word dan met ‘n hamer geslaan op ‘n groot metaalblok of aambeeld. Met die hamer houe en hitte toepassing sal jy dan jou mes se lem vorm.
In die verlede het smede steenkool of hout gebruik om die smee te verhit. Heededaagse mesmakers gebruik dikwels gas vir beter beheer van die temperatuur. Dit is ook makliker as om die heeldag jou vuur te stook tot jy die regte tempratuur het. Dit is ook vinniger en geriefliker om met gas te werk. Gas is onmiddelik warm en koel ook gou af.
Jy moet baie bewus wees van die gevaare wat met die werk van gas saamgaan. Jy moet ten alle tye al die veiligheids maatreëls volg. Die gas moet ook deur `n professionle instaleerder gedoen word. Jy sal dan `n veiligheids sertifikaat ontvang en verseker weet dat alle noodsorg maatreëls in plek is. Soos byvoorbeeld jou nood stopkraan waar jy die gas kan afdraai indien daar `n lekasie is.
In outtydse flieks en TV-programme sien jy dikwels ‘n alleen smid werk. Met die moderne tegologie is smidwerk heelwat meer kompleks. En met die moderne tye kan jy al die bekende smede op televisie programme sien of aanlyn volg in die palm van jou hand.
Hoe Begin Ek Om `N Mes Te Maak?
As `n beginner sal jy die stokverwydering tegniek maklik vind om aan te leer. Jy sal vinnig resultate sien en glo my, jy sal elke keer net `n mooier mes wil maak.
Wat Behels Die Stokverwydering Proses Als?
Om met hierdie tegniek messe te maak sal jy die lem vorm deur van die materiaal te verwyder. Maak seker dat jy die regte gereedskap gebruik. Jy moet ook stappe volg tot by jou eindproduk te kom.
Lees hier wat jy sal doen:
- Mesmakers begin met ‘n staalstaaf.
- Teken die mesvorm op die staaf en sny dit uit met ‘n saag of slyper.
- Vorm dit dan met vyle, slypers, of skuurpapier.
- Slyp of vyl skuinsrand in die lem.
- Skuur dit glad.
- Verhit die staal en koel dit vinnig af om dit te verhard, wat dit bros maak.
- Om dit minder bros te maak, verhit dit weer teen ‘n laer temperatuur en laat dit stadig afkoel.
- Doen dit ‘n paar keer om enige spanning in die staal te verwyder.
- Sommige staal baat daarby om in vloeibare stikstof gevries te word na hierdie proses om dit nog sterker te maak.
Hoe Gebruik Ek Die Smee Tegniek?
Met die smee tegniek begin jy met die verhiting van jou oond tot die regte temperatuur. Verhit die yster en vorm dit met hamer houe.
Dieselfde as met die bogenoemde proses moet jy seker stappe volg en met die regte toerusting jou mes maak.
Lees hier wat jy sal doen:
Smede kan begin met staafstaal of ander stukke hoë-koolstofstaal soos:
- Motorvoertuig blaarvere.
- Spoelvere van vragmotors.
- Ou vyle.
- Groot industriële voertuig aste.
- Die staal word verhit in ‘n smee tot temperature tussen 1100 en 1200 grade Celsius, en dan gevorm op ‘n aambeeld met ‘n hamer.
- Sommige smede gebruik krag hamers en perse om die proses te versnel en hand hamering te verminder.
Wanneer die lem rofweg die regte vorm het, is die proses dieselfde as dié van stokverwydering:
- Vyl
- Skuur
- Verhitting
- Slyp
- Behandeling
- Afkoeling (blus)
- Tempering (verhitting by laer temperatuur)
Hoe Kies Jy Regte Staal Vir Jou Lem?
Wanneer jy staal kies maak seker te maak dit bevat tussen 0.4% en 2% koolstof. So sal jy seker wees dat die staal die regte keuse is en dat dit verhardbaar is. Die toevoeging van meer as 13% chroom maak dit roesvrye staal.
Ander elemente soos vanadium, mangaan, nikkel, molibdeen dra by tot die bewerkbaarheid van die staal. Dit sal ook die staal meer korrosie bestandheid maak.
Wat Is Die Gereedskap Wat Mesmakers Gebruik?
Om jou eerste mes te maak is opwindened en jy wil sommer dadelik inspring. Om die gereedskap aan te skap hoef jou nie bankrot te maak nie. Jy kan by tweede handse winkels inloer en kyk wat daar te koop is.
Aanlyn platvorms verkoop ook gereeld gereedskap. So hou `n ogie daarop. Jy kan ook by mesmakers aanklop. Baie van hulle sal jou graag leer hoe om `n mes te maak en sommer ook hoe om die gereedskap in hulle werkswinkel te gebruik.
As jy nie nou die begroting het vir al die krag gereedskap nie, is hand gereedskap die perfekte keuse vir jou. Met net `n yster saag en so `n paar vyle kan niks jou keer om jou mes te maak nie.
Wat Sal Jy Leer By `N Mesmaak Kursus?
Ervare mesmakers het jare se ondervinding en is altyd gretig om hulle kennis te deel. Om jouself by `n kursus in te skryf is die beste keuse as jy die korrekte tegnieke wil aanleer. Jy kan verwag om nuwe vaardighede in `n veilige omgewing aan te leer.
Dit sal dan ook vir jou maklik wees om die volgende stap te neem en die meer gevorderde en meer veelsydige messe te leer maak.
Met die regte onderrig sal jy ook virseker wees dat jou eind produk van die hoogste standaard is. Dat jy die regte staal gebruik en al die stappe te volg vir die beste eindproduk. Met als sal die instrukteur jou lei en aanmoedig.
So sal jy vinnig al die tegnieke en vaardighede baas raak. Jy kan lekker met ander mense in aanraking kom wat dieselfde passie deel en saam met jou leer.
Kyk hierna:
https://www.kgsa.co.za/Courses
https://m.facebook.com/groups/1016687259012924/
https://www.youtube.com/watch?v=tX7rN6ljjWM
Wanneer jy begin met mesmakery, of jy nou die smee of stokverwydering tegniek kies, sal jy wegstap met nuwe vaardighede en `n mes aan jou sy. Mesmaak gaan oor verkenning, nuwe idees, en verbetering van jouself. Deur nuwe vaardighede aan te leer stimuleer jy jou brein en raak jy kreatief. Jy kan spog met jou eindproduk en tevrede wees met dit wat jy bereik het.
In die begin mag dit dalk vir jou moeilik lyk, maar as jy vasberade is kan jy enige uitdagings oorkom. Om ‘n mesmaak kursus te neem is ‘n uitstekende manier om daardie eerste stap te neem. Jy kan kies om met enige van die twee tegnieke vir jou iets tasbaars uit metaal te skep.
Met harde werk kan mesmakers eenvoudige materiale in pragtige messe verander, elk met sy eie storie om te vertel. Terwyl jy in jou werkswinkel werk, omring deur die gloed van die smee en die geluid van jou gereedskap, sal jy ‘n gevoel van vrede en doel vind in die tydlose kuns van mesmaak.
Algemene Vrae
Het die samoerai Damaskus staal gebruik?
Al is daar bewyse van Japannese swaarde wat van staal gemaak is wat van die vasteland van Asië, veral China, ingevoer is, is daar geen aanduiding dat enige van hierdie lemme die materiale bevat het wat kenmerkend is van wootz staal (die tegniese term vir Damaskus Staal) nie.
Wat word Damaskus vandag genoem?
Damaskus, Sirië – Beeld van die Week – Aarde Waarneming. Damaskus dien as die hoofstad van die Siriese Arabiese Republiek en word vermoedelik as die land se grootste stad, veral na die bevolkingsafname in Aleppo as gevolg van die stad se geveg. Plaaslik in Sirië word dit algemeen as ash-Sham genoem en dra dit die titel van die Stad van Jasmyn.
Wat is juweelstaal?
Tamahagane, geskryf met die karakters 玉鋼 wat “juweelstaal” of “kosbare staal” beteken, verteenwoordig ‘n soort staal wat deur hoogs tradisionele smeltingstegnieke geproduseer word. Dit ontstaan uit ystersand, ‘n growwe, swart materiaal wat soos gewone strandsand lyk.
Het mesontwerpe gekopiereg op?
Ja, messe en die l kunswerke daarop word beskerm deur kopieregwette, nie tipies patentwette nie, alhoewel ontwerp patente in sommige gevalle van toepassing is. Dit is onwettig om hulle sonder toestemming van die kopiereg-eienaar te kopieer.
Wat is spesiaal gemaakte messe?
Spesiaal gemaakte messe kan volgens bestelling deur ‘n mesmaker gemaak word. Dit kan by verskeie kleinhandelaars gekoop word wat in messe spesialiseer. Anders as massa produsering isspesiaal gemaakte messe met sorg en presisie gemaak vir die individu. Dit word gewoonlik met hoë-gehalte materiale en aandag aan elke aspek gemaak. Soms ook net 1 van `n soort.
Skrywer: Janice vd Westhuizen